Belydenisklas 2021

Die Belydenisklas vir 2021 gaan DV op Sondag, 14 Maart 2021 bymekaar kom. Ons gaan hierdie jaar die aanbieding op ‘n nuwe vars manier aanpak. Die kommissie vir gemeentebediening van Goudland Sinode het ‘n kurrikulum op die internet beskikbaar gestel.

Die kinders gaan ‘n videoaanbieding kyk. Daarna word die vrae beantwoord. Die vrae word dan aan ds Johan gestuur. Die antwoorde van kinders bly vertroulik. Tydens die klasaanbiedings sal al die vrae van die kinders bespreek en beantwoord word, sonder om die vertroulikheid te skend.

Ook wanneer kinders nie ‘n klasaanbieding kan bywoon nie, kan hulle steeds die video kyk en die vrae beantwoord. Die beantwoording van die vrae sal ook as kontrole dien om te sien watter kinders het die videoaanbieding gekyk.

Gaan loer gerus in by: https://www.belydenisklas.com/sannieshof.html